Met hierdie Adventskalender is die aanloop na Kerstyd nog opwindender
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Benodigdhede
- Plank van 70 cm x 36 cm
- Merkpen (koki)
- Maatband
- 24 L-hakies (3 cm lank)
- Verskeidenheid klein houtnommers (1 tot 24)
- Swart spuitverf
- 24 klein rooi metaalemmertjies
- Sterk gom houtletters (Slapies tot Kersfees)
Instruksies
- Skuur die kante van die hout indien nodig. Verf houtbord in kleur van jou keuse of gebruik klaar gesnyde wit melamienbord.
- Merk met liniaal en merkpen 10 cm van bo en onder af.
- Merk 7 cm van elke kant van houtbord af.
- Meet vier rye dwars en ses rye van bo na onder eweredig uit.
- Draai L-hakies in houtbord op gemerkte plekke.
- Pak houtnommers van 1 tot 24 op koerantpapier en spuit met ’n laag swart spuitverf. Laat droog word.
- Plak nommers op metaalemmertjies en laat droog word.
- Vul metaalemmertjies met lekkergoed of enige ander verrassings. Hang dit op hakies.
- Pak houtletters op koerantpapier en spuit met swart spuitverf. Laat droog word en plak op bokant van bord.