Haal die doilies uit die spens en maak mooi versierings vir die huis.
Marlo Kitshoff-Carstens
Blomme wat sal hou
BENODIGDHEDE
klein en medium grootte papierdoilies
mediumlengte sosatiestokkies
gom, bv Pritt
1 Plak papierdoilies met gom op mekaar vas met sosatiestokkie in middel.
2 Laat droog word en plaas in botteltjies.
Versier jou venster
BENODIGDHEDE
verskillende soorte en grootte papierdoilies
genoeg vislyn
gom, bv Pritt
1 Bepaal hoe lank vensterbedekking moet wees en plaas papierdoilies soos dit mooi sal lyk.
2 Sny vislyn ongeveer 25 cm langer as wat nodig is sodat daar genoeg lengte is om op te hang.
3 Plak papierdoilies weer dubbel aanmekaar met gom en vislyn tussenin. Maak soveel as wat jy nodig het vir opening.
4 Werk op plastiekwerksoppervlak sodat gom wat tussen gaatjies deurkom, maklik afgevee kan word.
WENK Hierdie papierdoiliestringe kan ook as muurversiering gebruik word
Fraai glashouers
BENODIGDHEDE
1 groot houer
1 groot papierdoilie
sterk gom
klein sponsalfabetletters
bruin inkblok
1 Plak papierdoilie op glasbottel en laat droog word.
2 Druk letters in ink en druk op papierdoilie.
WENK Hierdie is ‘n oulike manier om jou spens reg te ruk
Tooi jou tafel
BENODIGDHEDE
1 pak gekoopte papierdoilies
Gom, bv Pritt
1 Plaas doilies op plastiekoppervlak as papierloper geplak word.
2 Kyk na lengte en breedte van tafel waarop papierdoilieloper gebruik gaan word. Beplan daarvolgens hoe breed en lank loper moet wees.
3 Drie groot papierdoilies langs mekaar wat effens oorvleuelend geplak word, werk goed vir meeste tafels.
4 Dit lyk ook mooi as geplakte papierdoilies oor voor- en agterkant van tafel se rand hang.
Bind dit aan ‘n string
BENODIGDHEDE
klompie papierdoilies in verskillende groottes en vorms
Gom, bv. Pritt
liniaal
potlood
skêr
dun wit lint in lengte wat benodig word
1 Vou papierdoilies in helfte, met verkeerde kante na mekaar.
2 Trek ‘n 2 cm-lyn vanaf voulyn met potlood en liniaal op een doilie.
3 Knip oorblywende deel van halfsirkel af.
4 Vou gevoude deel van papierdoilie oop. Plaas lyntjie daarin, smeer gom en plak toe.
5 Maak string met papierdoilies so lank soos verkies.
WENK So ‘n papierdoiliestring lyk baie mooi op ‘n dogtertjie SE partytjie of wanneer dit tussen bome in die tuin gehang word
SOURCES
Elmarie Knapton