Kikker vaal hoekies in jou huis op – hier’s ‘n oulike dekor-idee of twee wat ons op die platteland gevind het.
Maryke Roberts
- Loer na nóg foto’s van dié pragtige Bonnievale-huis in ons 12 September-uitgawe en kry sommer hope plattelandse dekor-inspirasie.
Jacques en Arina Coetzee van Bonnievale het ’n reuse-erf, met ’n groot grasperk en hul leefvertrekke en slaapkamer kyk uit oor die dorp.
Tog sal enige groot huis vaal hoekies hê. Maar Arina het ‘n plan gemaak en dié klein hoekies opgekikker met oulike sêgoed, ’n komiese horlosie of ’n klein tafeltjie met ’n paar kosbaarhede op.
Die persoonlike element wat hiermee gepaard gaan skep intimiteit en bind die uitgestrekte huis met groot sukses saam.
Hoe? Soek oulike letters en bou jou eie woorde, of stensil dit op jou muur of vloer, om jou huis ‘n unieke karakter te gee.
SOURCES
Jac Kritzinger