Lê daar ou rame in die motorhuis wat jy lankal dreig om uit te gooi? Dink weer. Ons verfghoeroe wys weer eens hoekom verf die goedkoopste manier is om iets nuuts tot jou dekor te voeg
Deur Eldalee n Hugo
Ons het ses rame gevat en van ougoed hougoed gemaak. Kyk rond wat in jou huis is wat jy kan herbenut om van ’n raam ’n fokuspunt te maak. Gebruik jou verbeelding. Kyk nou net hier hoe word ses rame op vele maniere gebruik. Ons het Granny B’s Old Fahioned Paint Voor saam met hul Armour-seëlaar gebruik.
Voor
Retro is ’n gonswoord
Hierdie is ’n goeie voorbeeld van Granny B se verf wat op materiaal ook werk. Die binnekant is nie hout nie, maar daai geweefde materiaal van die jare vyftig. Dit is geverf met ’n gelyke mengsel van Teacup Green, Icicle Blue en Daisy en die aksente is met Grain Sack en Daisy geverf.
Ons gaan Bali toe op drie maniere
Hierdie twee rame werk goed as jy die klein een binne die groot een hang, maar jy kan dit ook afsonderlik gebruik.
Raam 1 Die buitekant is met Blue Bajou, en die binnekant met ’n 50/50-mengsel van Poison Ivy en Black Betty geverf. Die middelste deel van die raam is een laag Blue Bajou, drooggeborsel met die groen mengsel en ’n titsel Liquid Metal Bronze.
Raam 2 Groen mengsel oraloor, drooggeborsel met Daffodil, Blueberry Pie, Red Heart Love en Bronze.
Wenk
Om te droogborsel druk die verfkwas liggies in die verf en vee aan ’n lappie effens af, voor jy veerlig verf
Iewers op die Franse platteland
’n Baie vinnige manier om ’n tikkie nostalgie aan ’n raam te gee, is met ’n washed-effek. Ons het net Gripseal hier gebruik (eerste laag Grey en tweede laag Antique White). Die gietvorms is met Midnight Blue drooggeborsel.
Wenk
Meng Armour met die verf om dit dadelik te seël en verf laastens weer met net Armour om dit perfek te seël
Verf voëltjies vir foto’s
’n Groot raam werk ideaal as buitelyn vir ’n collage – hierdie eenvoudige swart geverfde raam se sjarme lê in die stensilverf. Die raam is oraloor geverf met Black Betty en die stensilverf is Daisy en Grain Sack.
Draai jou sente om
Iewers in ’n kas het jy dalk oorsese munte wat jy nie kan gebruik nie, maar ook nie wil weggooi nie. Plak dit met ’n sterk gom vas (nadat jy die eerste laag met Midnight Blue oraloor geverf en geseël het). Droogborsel aksente met Liquid Metal Bronze en seël met Armour Gloss om die munte se glans uit te bring.