Doen jou deel teen die besoedeling van die aarde en herbenut leë blikkies wat op die ashoop gaan beland. Dié projek gaan jou net ’n bietjie verf en tyd kos, want die blikke kan jy bymekaarmaak. Hier is die stappe om die blikke te verf
Deur Eldaleen Hugo
Ek is ’n ywerige herwinner en herbenutter en sit elke week getrou drie sakke met papier, bottels en plastiek op die sypaadjie om na herwinningsdepots geneem te word. Blikke het ook altyd in die sak met plastiek beland, maar deesdae herbenut ek dit. As jy kreatief dink, is daar soveel wat jy daarmee kan doen en dis boonop oulike presente om te gee sonder om jou sak te ruk. Die moontlikhede is oneindig – hier is net ’n paar idees.
Ek is gaande oor Granny B’s Old Fashioned Paint en hier kan jy sien hoe maklik dit ook op ’n metaaloppervlak werk
Verfmengsels
- Stone Grey* = Chocolate Cake + Grainsack + Mushroom (gelyke hoeveelhede)
- Kalimera Blue** = Bubble-gum Milkshake + Blueberry Pie + Blue Bajou + Icicle Blue + Midnight Blue + Purple Reign (gelyke hoeveelhede)
- Grey Green*** = Icicle Blue + Teacup Green + Grainsack (gelyke hoeveelhede)
Blou en groen blikke
- Teacup Green
- Icicle Blue
- Peppermint Twist
- Blueberry Pie
- Blue Bajou
- Sea Green
- Bubblegum Milkshake
- Tropical Cocktail
Blompotblik
Beach Sand met Black Betty Linte met Armour gedécoupage
Reënboogblikke
- Daffodil
- Sweet Sylvi
- General Lee
- Purple Reign
- Red Heart Love
- Poison Ivy
- Lavender Dream
- Cotton Candy
Klipblikke
- Mushroom
- Hurricane
- Olive Charm
- Buttermilk
- Overcast
- Beach Sand
Hippieblik
Lavender Dream Stensilwerk: Daffodil, Icicle Blue, Cotton Candy
Kruieblikke
Lavender Dream-liggies gedroogborsel met Kalimera Blue**
Hangblikke
Grey Green***
Tydskrifblik
Beach Sand en Stone Grey*
Breiblik
Beach Sand met Teacup Green binne en op die boonste rand Lint met Armour gedécoupage
Wenke
- Moenie water direk in die blik sit as jy dit as ’n blompot gebruik nie sit ’n glasie of plastiekhouer binne-in die blik, want dit help teen roes en mettertyd kan ’n blik waterdigtheid verloor
- Verf minstens twee lae verf op en seël met Granny B se Armour aan die einde, selfs al seël jy deur die proses
- Verf en seël die binne- en onderkant van ’n blik dit beskerm die blik teen water as jy daarin plant