Peta Levin van Greyton het ‘n hand met ‘n plant, maar verduidelik gou dat ’n mooi tuin baie toewyding verg. Sy gee hier tuinwenke. Gaan loer na nog in ons 16 Mei-uitgawe
MARYKE ROBERTS
Peta Levin van Greyton het oulike patrone en diepte in haar tuin met slim ontwerpe ingebring. Om haar lang erf na agter interessanter te maak, het sy ’n oulike antieke hekkie gebruik en dit aan twee pilare vasgebou wat die illusie skep dat jy van een gedeelte in die tuin, na ’n ander beweeg. Die res van die “muur” is alles struike wat teen mekaar geplant is. In die grond het sy ’n oulike krulletjieshek ingegrawe en toe gelyk met die vloer klippies gegooi, sodat die krulle net-net sigbaar is. Die klippe wat uitgegrawe is om haar grasperk gelyk te maak, is agtertoe gebruik om hoër blombeddings te maak, wat meer diepte aan die grensmure verleen.
SOURCES
JAC KRITZINGER