Vernuwe ‘n ou stoel in ‘n japtrap deur die sitplek met kleurafdrukke of mooi papier te bedek
Marlo Kitshoff-Carstens
Vernuwe ‘n ou stoel
BENODIGDHEDE
fyn skuurpapier
onderlaagspuitverf vir stoel
gekose kleur spuitverf vir kleur van stoel
wit spuitverf
6 gekleurde A3-wêreldkaartafdrukke
skêr
Modge Podge
kwas
kleurlose spuitverf
Metode
1 Haal die sitplek en die rugleuning af.
2 Skuur stoel se metaalgedeelte liggies met skuurpapier om van enige ou verf of vuiligheid ontslae te raak.
3 Spuit die metaal met onderlaagspuitverf en laat dit droog word.
4 Spuit die stoel in die kleur spuitverf wat jy wil hê. Laat droog word. Spuit nog ‘n laag spuitverf sodat dit netjies lyk. Laat weer droog word.
5 Spuit die sitplekgedeelte en rugleuning met wit spuitverf sodat die houtkleur nie deurskyn nie. Laat droog word.
6 Gebruik die A3-kleurafdrukke en rangskik dit sodat die mooiste gedeeltes van wêreldkaart op die bokant van sitplek en rugleuning se voor- en agterkant is.
7 Plak kleurafdrukke met Modge Podge vas wat met ‘n kwas aangewend word. Vryf met ‘n vadoek oor die kleurafdrukke wanneer dit geplak word sodat dit so glad moontlik is.
8 Vou en sny die kleurafdrukke waar nodig om kante van sitplek en rugleuning. Laat droog word.
9 Verf weer ‘n laag Modge Podge oor en laat baie goed droog word.
10 Spuit twee lae kleurlose vernis op die sitplek en rugleuning (op voor en agterkante) en laat droog word.
11 Skroef die stukke weer op die stoelraam vas.
SOURCES
Andrea Caldwell