Wasdag is dalk nie jou gunstelingdag van die week nie, maar as ’n mens vars en skoon wil lyk, moet dit maar gedoen word.
Maak wasdag makliker met hierdie vyf wenke:
1. Vetvry
Het jy ‘n happie van ‘n sappige burger geneem en nou het jou gunstelinghemp ‘n vetkol? Vryf eers ‘n bietjie kryt daaroor om die vetterigheid te absorbeer voor jy dit in die wasmasjien gooi.
2. Pasmaats
Sekere wasmasjiene werk beter saam met sekere waspoeiers. Die LG 2.0 Titan Classic-wasmasjien werk byvoorbeeld beter saam met OMO Auto Washing Liquid. Dié wasmasjien met TurboWash™-tegnologie is ideaal vir ‘n gesin. Dit was ‘n 2kg-bondel in minder as 20 minute. OMO Auto Washing Liquid verwyder hardnekkige vlekke, is gerieflik en maklik om te gebruik en jy het slegs ‘n proppie nodig vir ‘n bondel , wat jou meer tyd vir die belangriker dinge in die lewe sal gee.
3. Broodnodig
Lipstiffie is fantasties, behalwe as dit op jou klere is. Dit gaan nou vreemd klink, maar witbrood kan jou dalk help om van die vlek ontslae te raak. Rol brood in ‘n balletjie en vryf dit oor die vlek.
4. Weg met ink
Kleingoed kan lekker kattekwaad aanvang soos om met ink op hul klere te skryf. Handontsmetmiddel kan help om inkvlekke te verwyder. Smeer dit aan, wag tien minute en gooi dit in die was.
5. Onpaar kouse
Hierdie is ‘n algemene probleem. Kouse raak weg! Probeer hierdie wenk: Gooi dit in ‘n onderkleresakkie of kussingsloop en gooi dit in die was. Só sal die paartjies bymekaar bly!