As jy so een of twee maaltye per week sonder vleis eet, kan dit glo iets groots vir jou gesondheid beteken, sê hierdie navorsers
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Is daar iets lekkerder as ʼn gebraaide tjoppie of ʼn pakkie biltong? Is jy ook nou lus daarvoor?
Wel, ʼn mens hoef nie jou vleistande heeltemal te trek nie, maar dit kan glo baie vir jou gewig én gesondheid beteken as jy ʼn bietjie minder vleis eet.
Dit beteken dat die fleksitariese dieet (waar jy basies vir ʼn paar dae per week vegetaries word) eintlik heel gesond is.
Meer as 16 000 mense se lewenstyl is oor ‘n dekade ondersoek en daar is gevind dat diegene wat slegs 25% minder vleis elke week eet, se risiko om vetsugtig te word, halveer. Die navorsingspan van die Universiteit van Navarra in Spanje sê as ʼn mens slegs 380 g minder vleis per week eet (dit is twee groot hoenderborsies) neem jou kans om vetsugtig te word met 43% af. Diegene wat minder vleis geëet het, het hul inname van vrugte en groente verdubbel.
BRON: www.dailymail.co.uk