Ons hoor aldag hoe belangrik vitamiene vir ons is, maar het jy geweet hoe goed die sonskynvitamien eintlik is?
Slegs ‘n paar kosse bevat beduidende hoeveelhede van vitamien D. Dit sluit sekere visse, vleisorgane, sekere sampioene en verrykte kosse.
Jy hoef egter nie net hierdie kos te eet om hierdie vitamien in te neem nie. Jou liggaam neem dit op as jou vel aan die son blootgestel word. Daarom word die vitamien die “sonskynvitamien” genoem.
Hierdie vitamien het talle voordele:
- Mense met ‘n goeie vitamien D-telling het ‘n laer risiko om hartsiektes te ontwikkel.
- Die vitamien kan help om simptome van depressie te voorkom of te verminder.
- Dit beveg infeksies soos verkoues en griep en is ‘n natuurlike hupstoot vir die immuunstelsel.
- Goeie vlakke van vitamien D kan help om jou spierkrag te verbeter.
- Dit kan glo help om bakterieë en virusse te beveg.
- Vitamien D help om die absorpsie van minerale soos kalsium te vermeerder wat belangrik vir beengesondheid is. Hoër vlakke daarvan kan die risiko van frakture verminder.
- Vitamien D kan selfs die risiko vir diabetes verminder.
- Daaglikse dosisse van vitamien D kan moontlik asma-aanvalle in skoolgaande kinders verminder.
- Help glo met normale selgroei en verbeter en herstel DNS.
- Dit gee jou bui en welstand ‘n hupstoot en verhoog energievlakke.
BRONNE: www.webmd.com