Wêreldsigdag (12 Oktober 2017) en Nasionale Oogsorgbewustheidsmaand (23 September – 20 Oktober 2017) is twee belangrike jaarlikse inisiatiewe wat ingestel is om bewustheid oor visieprobleme en die gevare van swak oogsorg te skep.
Dit is dus die ideale tyd om die publiek te herinner om hul sig eerste te plaas en vir ‘n oogondersoek te gaan as hulle dit nie afgelope twee jaar gedoen het nie. Ongeveer 285 miljoen mense wêreldwyd leef met visieprobleme en blindheid, dit is dus noodsaaklik om gesonde visie te prioritiseer.
“Maak nie saak hoe oud of gesond jy is nie. Gereelde oogtoetse is belangrik,” sê Andre Horn, ‘n senior optometris en besturende direkteur van Mellins i-Style (www.mellins.co.za).. Tydens ‘n oogondersoek sal die optometris nie net die gehalte van jou visie ondersoek en kyk of jy ‘n bril of kontaklense of nuwe voorskrif nodig het nie. Daar word ook na jou oë se algehele gesondheid gekyk soos beserings, abnormaliteite en vroeë tekens van blindheid soos katarakte, gloukoom, diabetiese retinopatie en makulêre degenerasie – nog voordat jy bewus is van enige simptome. Baie van hierdie probleme kan steeds behandel word as hulle vroeg genoeg gediagnoseer word. Optometriste identifiseer baie keer eerste chroniese siektes en toestande soos hoë bloeddruk, diabetes en cholesterol. Jou oë word ook ondersoek om te sien of hulle as ‘n “span” saamwerk.
Het jy geweet?
- Ongeveer 39 miljoen wêreldwyd is blind en 246 miljoen het matige tot ernstige visieprobleme.
- 80% van visieprobleme kan verhoed word – d.w.s. dit kan maklik behandel/of voorkom word
- 90% van blinde mense woon in lae-inkomste lande.
- Die regstelling van visie en strategieë om blindheid te voorkom is van die mees bekostigbare ingrypings in gesondheidsorg.
- Ongeveer 19 miljoen kinders het visieprobleme.
- Ongeveer 65% van mense met visieprobleme is 50 jaar en ouer maar hierdie ouderdomsgroep vorm net 20% deel van die wêreldbevolking.
- Die toename van bejaardes in baie lande, beteken dat meer mense ‘n risiko sal hê van ouderdomverwante visieprobleme.
“Optometriste beveel oogondersoeke gewoonlik elke twee jaar aan”, sê Horn. In sommige gevalle word mense egter aangeraai om meer gereeld hulle oë te laat ondersoek, veral onder die volgende omstandighede:
• ‘n kind wat bril dra;
• diabete;
• ‘n persoon ouer as 40 met ‘n familiegeskiedenis van gloukoom;
• ‘n persoon ouer as 70.
Besoek www.mellins.co.za vir meer inligting en oogsorgwenke.