Navorsers sê daar is iets wat jy kan doen om die nadelige uitwerking van ’n kantoorwerk te beperk
As jy in ‘n kantoor werk, sit jy moontlik die grootste gedeelte van die dag om. Dan kom jy by die huis, maak kos en sit voor die TV. ‘n Mens weet die gesit voor ‘n rekenaar is sleg vir jou en jou hoofpyne en nekspasmas en ander kwale vertel dit seker vir jou. Maar wat maak ‘n mens?
Hoe sleg so ‘n gesit vir jou gesondheid is, word toenemend duidelik.
Volgens navorsers word passiwiteit gedurende die dag met ‘n verhoogde risiko vir swak gesondheid verbind.
LEES OOK: VIDEO: Het jy al ons Vrouekeur-advertensie op kykNET gesien?
Selfs as jy oefen, sê Keith Diaz van die Columbia-universiteit se mediese sentrum, is ‘n gesit deur die dag steeds baie sleg vir jou gesondheid.
Dis daarom belangrik om deur die dag gereeld op te staan.
Diaz en sy kollegas het nagenoeg 8 000 mense se lewenstyl ondersoek. Hulle het gevind dat die mense wat die langste per dag gesit het, ‘n verhoogde kans gehad het om weens swak gesondheid te sterf. Die studie het gevind dat mense wat heeldag sit minstens elke halfuur moet opstaan. Een van die wenke is om vir jou minder water op ‘n slag in te gooi sodat jy meer gereeld moet opstaan om jou glas weer vol te maak.
BRON: www.theguardian.com