Sluit jou dieet genoeg suiwel in? Volgens ‘n nuwe studie wil dit voorkom asof ons juis meer daarvan moet geniet …
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Volgens ‘n nuwe studie wat in die joernaal The Lancet gedoen is, word suiwelprodukte met ‘n laer voorkoms van kardiovaskulêre siektes verbind.
Die studie het 136 000 mense tussen die ouderdomme van 35 en 70 in 21 lande ingesluit. Die studie is oor ‘n tydperk van nege jaar gedoen en die respondente moes vraelyste oor hul suiwelinname invul.
Diegene wat ‘n gemiddeld van 3,2 daaglikse porsies gehad het, het ‘n sterflikheidskoers van 3,4% gehad, in vergelyking met die 5,6% van mense wat geen suiwel ingeneem het nie.
Die groep wat meer suiwel ingeneem het, het ook ‘n laer risiko van kardiovaskulêre siektes en beroertes gehad. Die meeste van die suiwel was in die vorm van melk en jogurt. Daar is nie genoeg kaas en botter ingeneem om ‘n uitwerking op gesondheidsuitkomste te kan hê nie.
Volgens Mashid Dehghan van die McMaster-universiteit in Kanada, ondersteun hul bevindings die idee dat suiwelprodukte voordelig vir mense is.
Lees die volle artikel hier op abcnews.go.com
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.