Die lewe is gejaag en daar is baie stressors wat ’n mens erg angstig kan maak. Ons kyk na ’n paar natuurlike metodes wat kan help
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Gereelde oefening pomp jou liggaam vol endorfiene. Gaan gim toe of kies ‘n oefenmetode wat vir jou werk.
- Drink ‘n koppie kamilletee.
- ‘n Warm bad laat die liggaam se temperatuur styg en dit gee ‘n kalmerende effek.
- Laventel-aromatiese olie het ook ‘n kalmerende effek. Drup dit op jou kussing of op ‘n lappie en geniet die geur.
- Fokus op jou asemhaling. Haal diep asem.
- Volg ‘n gebalanseerde dieet en vermy suikerige en geprosesseerde kos. Eet baie groen groentes en drink genoeg water.
- Kyk na aanvullings van B-kompleks, magnesium en omega-3.
- Kom in die son. Loop kaalvoet oor die gras en probeer om minstens ‘n kwartier per dag in die son te wees.
- Destres jou lewe. Probeer aandagtigheid. Leef bewustelik.
- Gaan stap gereeld en bestee tyd in die natuur.
- As jy angstig raak, stuur jou brein in ‘n ander rigting as jou paniek. Tel byvoorbeeld agteruit of in dries.
- Kry genoeg rus in.