Ons het al ’n 30-dae-gesondheidsuitdaging gedoen. Hier is ’n uitdaging vir jou gemoed en algemene welstand
Saamgestel deur Zerelda Esterhuizen
Jou geestesgesondheid is net so belangrik as jou fisieke gesondheid – die twee loop immers hand aan hand. Ons het ‘n paar dinge opgespoor wat jou kan help om jou gemoed op te kikker.
Dag 1
Skryf vir 15 minute oor jou lewe. Waar sien jy jouself tans?
Dag 2
Gaan stap en loop aandagtig. Wat sien en voel jy?
Dag 3
Gaan ‘n halfuur of uur vroeër bed toe.
Dag 4
Eet vandag drie maaltye sonder jou slimfoon … Of ander tegnologie.
Dag 5
Doen ‘n oefening wat jy nog nie vantevore gedoen het nie.
Dag 6
Word vir vyf minute stil en konsentreer daarop om diep in en uit te asem.
Dag 7
Maak jou inboks skoon. Jy sal baie beter voel!
Dag 8
Moenie voor 11:00 op sosiale media gaan nie. Gebruik die tyd om produktief te wees.
Dag 9
Begin ‘n dankbaarheidslys.
Doen ook ons 30-dae-gesondheidsuitdaging
Dag 10
Organiseer jou “desktop” op jou rekenaar.
Dag 11
Neem ‘n oomblik en fokus op jou gevoelens. Wat voel jy? Is jy opgewonde, kwaad, gefrustreerd? Waarom? As dit negatief is, hoe kan jy dit verander?
Dag 12
Vier vandag iets – al is dit met ‘n koppie koffie.
Dag 13
Wees aandagtig. Eet aandagtig. Sit aandagtig. Neem jou omgewing waar.
Dag 14
Gaan deur jou foon en verwyder onnodige toeps en boodskappe.
Dag 15
Fokus daarop om glad nie te kla nie.
Dag 16
Bring ‘n kwartier in stilte deur, fokus net op jouself en jou gedagtes.
Dag 17
Skryf ‘n brief aan jouself en dink na oor wat jy wil bereik.
Dag 18
Skryf drie goeie dinge neer wat met jou op die dag gebeur het.
Dag 19
Vat ‘n kort blaaskans. Doen iets wat vir jou goed en lekker is.
Dag 20
Dink vandag na oor negatiwiteit in jou lewe. Is daar iets wat jy kan uitsny? As jy byvoorbeeld toksiese mense op sosiale media volg, kan jy hulle dalk vandag “unfollow”.
Dag 21
Luister na ontspannende musiek.
Dag 22
Bederf jouself vandag met iets.
Dag 23
Kyk na wat jy eet. Is dit goed vir jou liggaam en gees?
Dag 24
Lees ‘n positiewe aanhaling of boek.
Dag 25
Ontklotter ‘n plek in die huis wat jou omkrap.
Dag 26
Is daar iemand wat jy moet vergewe, maar jy sukkel? Skryf vir daardie persoon ‘n brief. Jy hoef dit nie te stuur nie.
Dag 27
Het jy hulp nodig met ‘n aspek van jou lewe? Maak met ‘n lewensgids of terapeut kontak.
Dag 28
Bel ‘n geliefde of nog beter, kuier saam met ‘n geliefde.
Dag 29
Is jy goed vir jouself? Kyk wat jy kan doen om jouself beter te versorg.
Dag 30
Watter lesse het jy in die lewe geleer wat ander mense kan help? Skryf dit neer en deel dit dalk met ‘n vertroueling.
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.