Gewig is ‘n kwessie wat almal raak. Almal weet hoe dit voel om in die spieël te kyk en ongelukkig te wees met dit wat jy sien
Tog besit baie mense die vermoë om hulself ten spyte van hul tekortkominge te aanvaar en lief te hê. Ander is nie so gelukkig nie. Hulle worstel en is behep met kos en obsessief oor hul liggaamsbeeld. Is jy dalk een van hulle? Vul die onderstaande vraelys in om uit te vind of jy dalk aan subkliniese eetversteuring ly:
- Is jy vreesbevange om oorgewig te wees?
- Is jy behep met kos en kalorieë?
- Is jy gedurig op dieet?
- Weeg jy jouself gedurig?
- Vergelyk jy jouself en jou lyf met supermodelle?
- Sny jy jou kos in klein stukkies?
- Is jy behep daarmee om maer te wees?
- Voel jy skuldig as jy iets lekker geëet het?
- Beheer kos en gewig jou lewe?
- Oefen jy oormatig om gewig te verloor?
- Voel jy angstig en depressief oor jou stryd met ? volmaakte lyf?
- Is jy perfeksionisties?
- Verloor jy beheer as dit by kos kom?
- Sukkel jy om kos te geniet?
- Is jy idealisties oor die voorkoms van jou liggaam?
- Dink jy dat jy moet maer wees om liefgehê te word?
- Gebruik jy lakseermiddels of probeer jy vomeer nadat jy geëet het?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meesal “ja” is, ly jy dalk aan ? subkliniese eetversteuring. Oorweeg dit om sielkundige en dalk selfs psigiatriese hulp te kry. Moenie jou probleem onderskat nie. Dit kan jou ontneem van diepe lewensgeluk en vervulling. Maak werk van jou probleem. Daar is hoop! Onthou die eerste stap na genesing is om jou probleem te erken. Word weer lief vir jouself! Wees goed vir jouself!