Kan lugbesoedeling tot outisme aanleiding gee? ’n Nuwe studie sê daar kan ’n verband wees
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Blootstelling aan lugbesoedeling voor geboorte word geassosieer met ‘n groter risiko vir ‘n outisme-spektrum-versteuring, volgens ‘n nuwe studie.
Swanger vroue in Vancouver wat aan die hoogte vlak van stikstofmonoksied in die omgewing blootgestel was, was meer geneig om kinders te hê wat later met outisme gediagnoseer is, aldus die navorsing.
Outimse-spektrum-versteuring, ‘n ontwikkelingstoestand, word gekenmerk deur probleme wat met kommunikasie en sosiale interaksie te make het. Daar is ook herhalende gedragspatrone.
Die studie is in die mediese joernaal JAMA Pediatrics gepubliseer.
Lief Pagalan, ‘n lid van die fakulteit van gesondheidswetenskappe aan die Simon Fraser-universiteit, benadruk dat die studie net ‘n verband toon en nie bewys dat lugbesoedeling outisme veroorsaak nie.
Die kenners benadruk dat die presiese oorsake van outisme nog onbekend is en navorsers kon nie elke potensiële risikofaktor evalueer nie.
Tog besef mense toenemend dat daar geen veilige vlakke van lugbesoedeling is nie.
Klik hier om die volledige artikel te lees
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.