Jy weet jou bloeddruk moet drasties verminder, maar slegs deur daaraan te dink, voel jy sommer asof dit die hoogte inskiet. Wat kan jy doen?
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Soms dink ‘n mens jy is heeltemal gesond, gaan vir ‘n mediese fonds se toetse en vind dan skielik uit jou bloeddruk, suiker, of iets anders is verkeerd. Hier is ‘n paar wenke om hoë bloeddruk te verminder:Verloor oortollige gewig, veral die ekstra vetlaag om jou maag.
- Oefen gereeld. “Gereeld” is die wagwoord hier anders kan jou bloeddruk net weer styg.
- Verminder die natrium in jou dieet. Moenie ekstra sout bygooi nie, kyk mooi na kosetikette en eet minder verwerkte kosse.
- Verminder jou alkoholinname. In klein hoeveelhede, kan alkohol jou bloeddruk verminder, maar te veel verhoog weer jou bloeddruk.
- Elke sigaret wat jy rook, verhoog jou bloeddruk, dus is dit wys om op te hou.
- Eet minder suiker en verfynde koolhidrate.
- Drink minder koffie. Kafeïen kan jou bloeddruk verhoog.
- Verminder jou stres en leer hoe om dit te hanteer. Identifiseer wat jou laat stres en hoe jy dit kan hanteer.
- Maak seker jy kry genoeg slaap.
- Eet baie knoffel of drink knoffelekstraktablette.
- Eet gesonde kos wat hoog in proteïene is.
- Gemmerwortel, groentee, selderysap, tamatie-ekstra en sesamolie kan help.
Kos wat bloeddruk verlaag
Een van die eerste dinge wat ‘n mens moet doen, is om minder sout te eet, maar volgens navorsing is daar kos wat kan help, soos dié wat laag in natrium en hoog in minstens drie kragtige minerale soos kalsium, magnesium en kalium is.
Hier is ‘n paar:
- Witboontjies
- Varkfilet
- Vetvrye natuurlike jogurt
- Tilapia
- Kiwivrug
- Perskes en nektarien
- Piesangs
- Krulkool (kale)
- Rooi soetrissies
- Broccoli
- Patat
- Quinoa
- Avokado
BRONNE: www.mayoclinic.org, www.prevention.com, www.healthline.com
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.