Volgens nuwe navorsing kan iets heel verbasend help om die intensiteit van chroniese pyn te verlig
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Foto www.freepik.com
’n Nuwe studie wat in die joernaal Nature Medicine gepubliseer is, sê dat meer slaap en koffie in plaas van pynpille kan help om die intensiteit van chroniese pyn te verlig.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie ly een in vyf volwassenes aan matige tot ernstige chroniese pyn en een in drie daarvan kan nie onafhanklik funksioneer nie.
Die studie is deur navorsers aan die Boston-kinderhospitaal en Beth Israel Deaconess- mediese sentrum in Amerika onderneem.
Volgens hul resultate wil dit voorkom asof goeie slaappatrone, slaapmedikasie in die aand en koffie gedurende die dag heel voordelig vir mense kan wees wat chronies pyn het. Dit het blykbaar ‘n beter effek op muise gehad as middels soos morfien en ibuprofen. Verdere studie is egter nodig om dit te ondersoek.
BRON: www.ctvnews.ca