Dagga is ’n dwelm wat baie skade aanrig. Deesdae word allerhande aansprake rondom die medisinale waarde van dagga gemaak. Gebruik jy dagga? Is jy dalk verslaaf?
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy verslaaf is aan dagga:
- Rook jy dagga?
- Raak jy ooit hoog as jy alleen is?
- Is dit vir jou moeilik om jou lewe sonder dagga voor te stel?
- Kies jy jou vriende volgens jou daggagebruik?
- Gebruik jy dagga om jou probleme te vermy?
- Gebruik jy dagga om negatiewe emosies te hanteer?
- Isoleer jou daggagebruik jou?
- Sukkel jy om dit te los?
- Veroorsaak jou daggagebruik geheue- en konsentrasieprobleme?
- Veroorsaak jou daggagebruik gebrek aan motivering?
- Raak jy angstig en bekommerd as jou voorraad van dagga min raak?
- Beplan jy jou lewe rondom jou gebruik van dagga?
- Benadeel jou gebruik van dagga jou verhoudings met vriende en familie?
As jy meestal “ja” op bg. vrae geantwoord het, is jy moontlik verslaaf aan dagga. Oppas dit gaan jou lewe verwoes. Kry professionele hulp. Dr. Lynn O’Connor, Amerikaanse kliniese sielkundige gee die volgende wenke – oorkom verslawing so:
- Kry professionele hulp by ʼn sielkundige of maatskaplike werker.
- Boek by ʼn rehabilitasiesentrum in.
- Skakel in by ʼn ondersteuningsgroep.
- Oorweeg dit om ʼn antidepressant te gebruik.
- Gaan vir kognitiewe gedragsterapie.
- Leer om te mediteer.
- Gaan stap.
- Werk mooi met jouself en wees geduldig.
- Onthou dit neem tyd om verslawing te oorkom.
- Byt vas.
Bykomende bronne: www.psychologytoday.com en www.marijuana-anonymous.org