Beste is om jou planne agtermekaar te hê voor jy die huis verlaat. Afgesien van ‘n noodsaaklike noodhulptas met pleisters, verbande, ontsmettingsmiddel, hoofpyn-pille en oogdruppels, is dit ook ‘n goeie idee om mediese versekering uit te neem. So sê suster Diana Sharp van Essential Med, verskaffers van persoonlik aanpasbare mediese versekering.
“Snye, kopsere, kneusings en insekbyte kan self na omgesien word – dieper wonde, ontstekings, beenbreuke en verstuitings het egter professionele mediese sorg nodig.” sê Suster. Hier som sy die tipiese vakansie gesondheidsgevare op en hoe om dit te hanteer:
Wanneer die byt meer as net jeuk
Daai irriterende muskiet drie-uur in oggend sal jou nie veel skade aanrig nie, maar ‘n slang of spinnekop mag wel. Aan die Ooskus is pofadders volop en hulle is ook lief vir die son. As jy deur een van hulle gepik word, moenie tyd mors nie – kom so gou moontlik by ‘n hospitaal of ongevalle eenheid. Jellievisse en bloublasies hou ook van jou vakansieplek – warm water op die brand is al wat regtig hiervoor help.
Rooi-gebrand soos ‘n kreef
Die kwik loop hoog rondom die middagson in die somer. Pasop vir daai UV strale, veral tussen 11 en 1 – ‘n mooi sonbruin verander vinnig in ‘n nagmerrie! Erge sonsteek beteken dokter toe!
Meer as net oorpyn
Kinders het die manier om ‘n oor-infeksie te ontwikkel net soos die karavaan mooi gepak is. Sorg maar vir antibiotika so gou moontlik – jou dokter sal jou hiermee kan help. Los jy dit, saal jy groot probleme op.
Drinkery en bewegende voorwerpe
Water, water net waar jy kyk – pragtig, maar gemeng met alkohol beslis ‘n groot NEE. Moenie swem waar dit duidelik gevaarlik is nie en hou die lewensredder in die oog. Bly af van die pad as die voggies geloop het en dit geld ook vir die see. As sterk koffie nie genoeg is nie, sorg maar dat jy die ongevalle uitkom – maak net seker die bestuurder is nugter.
As Kersvader wiele present gee
Kinders is mal oor goed wat beweeg en skaatsplanke, fietse en ‘hoverboards’ is gewilde geskenke. So hoewel jou tienjarige weet hoe dit werk, sal jou veertigjarige man dalk net tweede kom. Wees gereed om vir Pa ongevalle toe te neem na ‘n harde val – die kinders kan goeie raad op sy gips neerskryf.
Bierbottels op die Oujaar
Ons almal hou van die sand tussen ons tone, maar op Oujaarsaand is dit maar beter om skoene te dra terwyl gebreekte glas oral sy opwagting maak. As jy ongelukkig is om ‘n nare sny op te doen, maak seker dat jy die wond mooi skoonmaak en sorg dat geen glas agterbly nie. Sit ‘n skoon verband op, maar hou ‘n ogie op die bloeding – as dit nie stop nie, los maar die partytjie en soek ‘n dokter.
In ‘n poging om bekostigbare gesondheid-versekering aan alle Suid-Afrikaners te bied, het Essential Med On Call geskep – ‘n nuttige kontaklys van plaaslike dokters, hospitale en apteke op die gewilde vakansieplekke, insluitend Mosselbaai en Knysna, Hartenbos, PE, Margate en Ballito, Oos-Kaap, Hermanus en Strand. “Maak ‘n afdruk en sit dit in jou noodhulptas of stoor dit in jou foon. Jy weet nooit wanneer jy dit mag nodig kry nie,” sê suster Diana.
Vir meer inligting besoek www.essentialmed.co.za en volg die aanwysings tot die blog blad.