Hoë bloeddruk? Lees dan wat sê hierdie navorsing
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
‘n Studie wat aan die Universiteit van Wes-Australië gedoen is, het gevind dat slegs ‘n halfuur se stap in die oggend mense se bloeddruklesings vir die res van die dag verminder het.
Die Sun.co.uk berig dat die navorser dr Michael Wheeler gesê het die afname in die gemiddelde sistoliese bloeddruk ná oefening was beduidend.
Hoë bloeddruk is een van die grootste gesondheidsprobleme van ons tyd met miljoene mense regoor die wêreld wat medikasie daarvoor neem.
Dr Wheeler sê mense raak toenemend oorgewig en hoër bloeddruk neem nog toe met ouderdom ook en daarom is oefening met gereelde blaaskanse waar jy sit, baie belangrik. Dit kan die ontwikkeling van hoë bloeddruk voorkom en beheer.
Die Britse Hartstigting het die studie verwelkom en gesê 30 minute se oefening is ook goed vir geestesgesondheid.
BRON: www.thesun.co.uk
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.