Melody sê wanneer ‘n mens se asemhalingspatroon genormaliseer word, hou dit onmiddellik voordeel in omdat dit die hoeveelheid suurstof wat na jou liggaamselle vervoer word meer maak.
Dr Christian Bohr, ‘n nobelpryswenner in die vroeë 1900’s het die Bohr-effek ontdek. Dit gaan basies van die veronderstelling af uit dat suurstof afhanklik is van koolstofdioksied om jou liggaamsweefsel te kan bereik. Wanneer jy ‘n gesonde balans van asemhalinggasse in jou stelsel het word die optimum hoeveelheid suurstof opgeneem en werk die metaboliese prosesse in jou liggaam optimaal. As koolstofdioksied (wat die suurstof help vervoer) nie beskikbaar is nie gebruik jou liggaam melksuur om suurstof uit die bloed tot in die weefsel te kry.
Vermeerderde melksuur en verminderde koolstofdioksied kan die lugweë, bloedvate en ander organe in spasma laat gaan. Dit veroorsaak dat daar minder plek vir bloed is om te vloei (hoë bloeddruk) en minder ruimte vir die lugweë om asem te haal (bronchospasma en asma).
Te lae vlakke van koolstofdioksied kan histamien simuleer, wat veroorsaak dat mense wat ongebalanseerd asemhaal meer geneigd is tot allergieë, vel wat jeuk en ander toestande soos ekseem. Lae koolstofdioksiedvlakke veroorsaak ook dat die liggaam te alkalies is want koolstofdioksied help om PH-vlakke in die liggaam in balans te hou. Dit veroorsaak weer dat die niere bikarbonaat afskei om die PH weer te probeer regkry. Saam met die bikarbonaat word magnesium afgeskei en dit kan weer veroorsaak dat die liggaam ‘n tekort aan magnesium het.
Verlaagde vlakke van koolstofdioksied, wanneer die bloed nie geredelik suurstof na die weefsel kan stuur nie en melksuur afskei, kan lei tot metaboliese acidosis. Laasgenoemde veroorsaak gastriese refluks, sooibrand en maagsere…wat weer op hul beurt hydrochloriedvlakke laat val in ‘n poging om balans te herskep. Laasgenoemde veroorsaak weer swelling, lae maagsuurvlakke, dispepsie en chroniese kolonprobleme.
Metaboliese disfunksie veroorsaak dat die liggaam se agtergrondfunksies oorkompenseer. Dit veroorsaak baie spanning omdat minder suurstof die brein bereik (angs, depressie en psigologiese toestande) en minder suurstof bereik die spiere (spasmas, pyn, moegheid).
Hormone word ook nie doeltreffend reguleer nie en ‘n wanbalans ontstaan wat kan lei tot slaaploosheid (tekort aan melanien) en moegheid as gevolg van ‘n tekort aan adrenalien en kortisol.
Dit gebeur dat mense somtyds medisyne moet neem om al dié agtergrondfunksies weer in balans te bring om byvoorbeeld ‘n harttoestand te vermy.
BUTEYKO GEVALLESTUDIES
‘n Musiekdirekteur en sanger (54) het ‘n Buteyko-kursus bygewoon om hom te help om sy medikasie te verminder en aan te hou om sy beroep te kan beoefen.
Hy het baie gesukkel om te sing en sy asma-medikasie het slegte newe-effekte ingehou.
Sy pompie het skaars ‘n week gehou, daarom het hy vier asmapompies ‘n maand gebruik. Na die eerste dag van die asemhalingprogram het hy nie weer sy bronchodilator medikasie gebruik nie, omdat hy geleer het om sy simptome met asemhaling te beheer. Sy kortisoonmedikasie is met tyd verminder soos wat hy die asemhalingstegniek baasgeraak het.
Gevallestudie 2:
‘n Sewentigjarige comradesveteraan het baie gesukkel met oefeningverwante asma. Nadat sy asemhalingsterapie gedoen het, het sy nog nie weer ‘n aanval gehad nie. Sy hou wel haar pompie by haar, al het sy dit nog nooit weer gebruik nie.
Gevallestudie 3:
‘n 48-jarige maatskappydirekteur het vreeslik gesukkel met hooikoors en asma. Hy het gesond geëet en baie geoefen, maar moes steeds ‘n groot hoeveelheid medikasie gebruik om opvlam-probleme hok te slaan. Hy het baie moeilik geslaap, gesukkel om kos te verteer en gesukkel met ‘n ooraktiewe blaas. Hy was baie gespanne en het gesukkel om behoorlik af te skakel. Hoewel hy van gim hou het sy spiere vinnig protester en sy asma het erger geword wanneer hy oefen. Dié bestuurder het in die vakansie ‘n vyf dae lange asemhalingsprogram gevolg en het na ses weke rapporteer dat hy nog nie weer medikasie gebruik het nie. Hy het vir die eerste maal deur die nag geslaap. Sy spysvertering het kalmeer en sy blaasfunksie was baie meer normaal. Hy het gesê hy voel nie meer so oorweldig nie. Omdat sy simptome onder beheer was het sy dokter ingestem dat hy sy asmamedikasie wat vir hom newe-effekte gee verminder. Die laaste keer wat Melody met hom gepraat het, was hy op die laagste moontlike dosis.
Gevallestudie 4:
‘n Vyftigjarige skrywer het gesukkel met angstigheid en depressive na ‘n ernstige traumatiese insident. Hy het voorheen ‘n paar maal selfdood oorweeg. Na ‘n kursus het hy Buteyko gebruik om sy depressive-episodes te bestuur. Om iets te hê om te “doen” wanneer hy af voel het hom gehelp om fokus en bewustheid te skep. Omdat hy kon konsentreer op sy gespanne asemhaling kon hy daarin slaag om sy angstigheid te beheer.