Hoewel die meeste van ons visie amper as die belangrikste sintuig beskou, is goeie ooggesondheid dikwels die laagste op ons prioriteitslys en word ons oë dikwels as vanselfsprekend aanvaar.
Wêreldsigdag op 12 Oktober 2017 val saam met Nasionale Oogsorgbewustheidsmaand (23 September tot 20 Oktober) en maak Oktober dus die ideale tyd om gesonde visie te prioritiseer en gesond te eet vir jou oë se onthalwe.
Oogsorgstudies die afgelope 20 jaar verbind gesonde eetgewoontes met ‘n verlaagde kans tot oogsiektes soos katarakte en ouderdomverwante makulêre-degenerasie wat tot blindheid lei.
LEES OOK: Vals wimpers en wimperverlengings: goed of gevaarlik?
Benewens luteïen en zeaxanthin, toon studies dat visieprobleme verder verhoed kan word deur voedingryke kosse wat ook anti-oksidante soos sink, vitamiene C en E en omega 3-vetsure bevat, gereeld by jou dieet in te sluit. Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir ‘n gesonde dieet vir goeie visie:
- Luteïen en zeaxanthin: omdat kragtige anti-oksidante soos luteïen en zeaxanthin nie net in baie blaargroentes voorkom nie maar ook in die oog self soos die lens, retina en makula teenwoordig is, glo dokters dat hulle ‘n rol speel in gesonde visie. Studies too hulle kan moontlik jou kanse op katarakte tot die helfte verminder en ouderdomverwante makulêre degenerasie vertraag. Makulêre degenerasie veroorsaak skade aan die middel van die retina en lei tot blindheid terwyl katarakte wasigheid in die oog veroorsaak wat dit moeilik maak om te sien. Volgens nuwe navorsing kan oormatige blootstelling aan digitale skerms en hoë energie blou lig lei tot makulêre degenerasie en katarakte. Maak dus seker jy eet baie groen blaargroentes soos spinasie, krulkool (kale) en brokkoli. En moenie skaam wees om aan ‘n vullende ontbyt met eiers weg te lê nie – eiers is ryk aan beide luteïen en zeaxanthin.
- Sink: sink is een van die mees gekonsentreerde minerale in die oog. Dit werk ook as as ‘n ‘molekuulhelper’ of ‘vervoermineraal’ omdat dit vitamien A vanaf die lewer na die retina help vervoer. Dié vervoerproses is noodsaaklik vir die produsering van melanien, ‘n beskermende pigment in die oog. Spinasie, pampoensade, neute en sjokolade is goeie voedingsbronne van sink.
- LEES OOK: Kan jou geboortemaand jou gesondheid beïnvloed?
- Vitamien C: vitamien C is belangrike om die moontlike ontwikkeling van katarakte te beveg. Wanneer dit saam met ander noodsaaklike bestanddele ingeneem word, kan vitamien C ook help om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en die verswakking van visie te verhoed. Hou by die vyf-porsies-per-dag reël om genoegsame vrugte en groente in te neem.
- Vitamien E: vitamien E is ‘n sterk antioksidant wat oogselle en -weefsel teen vrye radikale beskerm. Dit kom in neute en patats voor.
- Vetsure (omega 3): nog ‘n goeie rede om goeie vette by jou dieet in te sluit is vir die instandhouding van die senuweestelsel wat ook belangrik is vir die ontwikkeling van goeie visie en goeie retinale funksionering. Voeg vis soos sardientjies of tuna by slaai en toebroodjies, kikker soutbeskuitjies en ryskoekies op met ‘n geurige avokadosmeer of begin jou dag deur vlassaad by pap of muesli te voeg.
Meer oor Mellins i-Style: Mellins i-Style is ‘n nasionale oogkundige groep wat daarna streef om die leiers in die industrie te wees deur te sorg dat pasiënte vooraanstaande oogondersoeke, insiggewende voor-en nasorgdienste en opties gevorderde Zeiss produkte ontvang wat hulle kan vertrou. Mellins i-Style gebruik toerusting van Zeiss, die wêreld se bekendste en gevorderste vervaardigers in die optiese veld. Hierdie toerusting stel hulle in staat om aan pasiënte pasgemaakte presisie in oogtegnologie te bied met Zeiss i.Scription lense, waarskynlik die beste individualiseerde lense ter wêreld asook die nuwe Zeiss DriveSafe lense wat spesifiek ontwerp is om motorbestuurders se sig en gemak op die pad te verbeter. Daar is meer as 50 Mellins i-Style takke landwyd wat Mellins i-Style een van die mees vooraanstaande oogkundige groepe in Suid-Afrika maak.
Besoek Mellins i-Style vir meer inligting