Jy sal nie glo wat hierdie studie sê jou langer kan laat leef nie …
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Jy dink dalk die stres van kindgrootmaak gaan jou nog ‘n hartaanval gee, maar ‘n nuwe studie sê aikona, kinders kan jou eintlik langer laat leef!
Ja, volgens hierdie studie wat in die Journal of Epidemiology and Community Health gepubliseer is, kan ouerskap jou langslewendheid ‘n hupstoot gee.
Die navorsers by die Karolinska-instituut in Swede het nasionale registerdata gebruik om 1,5 miljoen Swede wat tussen 1911 en 1925 gebore is, te bestudeer.
Hoewel sterfterisiko natuurlik verhoog soos wat ouderdom toeneem, het die span gevind dat dié met kinders langer geleef het.
Dit kan aan die ondersteuning van volwasse kinders aan hul ouer ouers toegeskryf word. Die stres van ouerskap is moontlik minder hoe ouer jy raak en ouers kan dan voordeel trek uit die sosiale ondersteuning van hul kinders. Die studie het ook aangedui dat kinders voordeliger raak hoe ouer jy raak en dat dit meer vir mans as vir vroue geld.
BRON: www.freep.com