Daaglikse fietsry help vir vetsug – behalwe as dit ’n elektriese, of e-fiets, is
Navorsing in sewe Europese lande bewys dat fietsry die gesondste manier is om oor die weg mee te kom, behalwe as dit ‘n e-fiets is. Hierdie mense se Liggaams-massa-indeks (LMI) is die tweede hoogste naas dié van motoriste.
Hierdie studie, wat in die internasionale joernaal vir omgewingstudies gepubliseer is, het meer as 2 000 mense in verskeie stede se reisgewoontes geanaliseer. Die stede het onder meer Wene, Zürich, Antwerpen, Barcelona en Örebro ingesluit.
Daar is bevind dat e-fiets-gebruikers selfs ʼn hoër LMI het as mense wat stap, openbare vervoer gebruiker en selfs motorfiets ry. Mans wat van karre na fietse oorgeskakel het as vervoermiddel, het almal gewig afgeskud en hul hul LMI het met 0,24% afgekom. Die vroue in die studie het minder as die mans verloor.
‘n Medeskrywer, dr Audrey de Nazelle, van die Imperial College in Londen, sê: “Mense wat met karre ry dra by dus nie net tot lugbesoedeling by nie, maar ook tot die vetsug-epidemie.
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.