Gloukoom is die tweede grootste oorsaak van blindheid wêreldwyd, so maak seker jy neem voorsorgmaatreëls om jou oë teen hierdie siekte te beskerm.
Deur: Armstrong Communication & PR namens Mellins i-Style
Die is Wêreldgloukoomweek van 10-16 Maart 2019.
Wat is gloukoom en wat veroorsaak dit?
Gloukoom is ‘n oogsiekte wat die oog se optiese senuwee beskadig. Indien dit toegelaat word om te vererger, kan dit tot permanente blindheid lei. Dit vind plaas as vog in die voorste gedeelte van die oog opbou wat gevolglik die druk in die oog verhoog en sodoende die optiese senuwee beskadig wat die oog met die brein verbind. In sy mees algemene vorm is visie-verlies stadig en progressief. Dit affekteer gewoonlik sywaartse visie eerste en daarna sentrale visie. Sonder behandeling kan dit binne ‘n paar jaar tot permanente blindheid lei.
Alhoewel gloukoom as oorerflik beskou word, kom dit eers in latere jare voor. Daar is geen vroeë simptome of pyn nie.
Risiko faktore?
As jy 40 jaar of ouer is, ‘n familiegeskiedenis van gloukoom of diabetes het, het jy ‘n verhoogde risiko. Sekere etniese groepe het ook ‘n verhoogde risiko. Mellins i-Style beveel daarom ‘n oogondersoek elke een tot twee jaar aan vir mense met ‘n verhoogde risiko. Ná die ouderdom van 65 jaar behoort elke persoon sy oë elke 6-12 maande vir gloukoom te laat toets.
Hoe word iemand se oë vir gloukoom getoets?
Deesdae is ‘n drukkingstoets op sy eie nie genoeg nie. Daar word ook na die optiese senuwee met ‘n oftalmoskoop of die Fundus-kamera gekyk. Daar is vroeë tekens aan die optiese senuwee wat ‘n indikasie kan wees vir die ontwikkeling van gloukoom. Dit is reeds op hierdie stadium noodsaaklik om die moontlikheid van gloukoom verder te ondersoek. Mellins i-Style bied byvoorbeeld ‘n gratis gloukoom-ondersoek aan. Dit sluit in ‘n nie-kontak tonometry-meting. As ons vind dat hierdie metings buite die normale waardes val, ondersoek ons dit verder.
Hoe word gloukoom behandel?
Voorskrif-oogdruppels is die mees algemene vorm van behandeling omdat dit óf die opbou van vloeistof voor in die oog verminder óf die uitvloei van vog verhoog. Laserchirurgie en mikro-chirurgie is ook verdere opsies vir behandeling.
Hoe kan dit voorkom word?
Gloukoom kan alleenlik voorkom word as die tekens vroeg genoeg opgespoor word. Gereelde oogondersoeke is daarom baie belangrik en die beste vorm van voorkoming. Optometriste beveel dus gewoonlik aan dat oogondersoeke elke twee jaar gedoen word. As dit eers gediagnoseer is, sal medikasie soos gloukoomoogdruppels die proses vertraag deur die verhoogde intra-okulêre druk (IOD) te verminder om skade aan die optiese senuwee te voorkom.
‘n Gesonde leefstyl en matige oefening soos stap of draf, drie keer per week, is ook voordelig omdat dit die IOP verlaag. Joga is ook voordelig maar vermy onderstebo posisies soos om op jou kop of skouers te staan, omdat dit die IOD kan verhoog. Oogbeserings kan ook tot gloukoom lei. Dra dus altyd ‘n goeie sonbril in die buitelug en beskerm altyd jou oë as jy sport doen of aan hoë impak balsport soos muurbal deelneem. Beskerm ook jou oë en dra ‘n bril as jy met kraggereedskap werk of selfdoen-projekte by die huis aanpak.
Besoek www.mellins.co.za vir meer inligting en oogsorgwenke.