Die woord “intuïsie” kom van die Latynse werkwoord “intueri” wat vertaal word as “oorweeg” of vanaf die Laat Middel Engelse woord “to contemplate” wat beteken “om te dink”
“Ek was ‘n paar jaar gelede in ‘n motorongeluk waar my motor gegly het en ek van die pad af gery het met my motor. My kar was erg beskadig, maar ek het darem nie seergekry nie. Toe ek my selfoon opspoor in my motor, was daar ‘n inkomende oproep van ‘n familielid. Toe ek antwoord, vra sy: “Ek moes jou net bel om te hoor of alles in die haak is, ek het skielik bekommerd geraak oor jou”. (*Lizelle Fourie)
“Ek het al gedink dat as ‘n mens skielik aan iemand dink, is dit soms ‘n boodskap dat dié persoon hulp of net n vriendelike woordjie nodig het. (*Hanna Benade)
“My vrou het my al vele kere gewaarsku om nie met sekere mense besigheid te doen nie, vertel Sarel Nortje*, ‘n sakeman. En sy was elke keer reg.
“Die enigste werklike waardevolle ding is intuïsie,” het Albert Einstein gesê.
(“The only real valuable thing is intuition” – Albert Einstein)
Verskillende skrywers gee die woord “intuïsie” ‘n groot verskeidenheid van verskillende betekenisse, wat wissel van direkte toegang tot onbewuste (kennis, onbewuste kognisie, innerlike aanvoeling, innerlike insig tot onbewuste patroon-erkenning en die vermoë om iets instinktief te verstaan sonder die noodsaaklikheid vir bewuste redenasie . [Daar is filosowe wat beweer dat die woord “intuïsie” dikwels misverstaan of misbruik word waar instink, waarheid, geloof, betekenis, en ander onderwerpe bedoel word, terwyl ander weer beweer dat dinge (faculties) soos instink, geloof en intuïsie eintlik feitelik verwant is.
(Die woord “intuïsie” kom van die Latynse werkwoord “intueri” wat vertaal word as “oorweeg” of vanaf die Laat Middel Engelse woord “to contemplate” wat beteken “om te dink”.)
Navorsing en studies oor intuïsie
In ‘n gedragseksperiment, het prof Marius Usher van Tel Aviv- universiteit se Skool vir Psigososiale Wetenskappe en sy mede-navorsers bevind dat intuïsie ‘n verrassend sterk en akkurate instrument is.
Wanneer deelnemers aan die studie gedwing was om te kies tussen twee opsies, gebaseer op instink alleen, het die deelnemers die regte opsie tot 90 persent van die tyd gekies.
Natuurlik is intuïsie is ook onderhewig aan sekere vooroordele, verduidelik prof Usher, en lei dit tot meer risiko’s, wat mense bereid is om te neem. Intuïtief het die menslike brein die vermoë om baie stukkies inligting in te neem en te besluit op ‘n algehele waarde, sê prof Usher. Hy sê dat die “gut” “intuïsie” reaksies vertrou kan word om ‘n kwaliteit besluit te neem – ‘n gevolgtrekking wat ondersteun word deur sy vroeëre werk saam met prof Dan Zakay en Dr. Sohar Rusou, gepubliseer in Frontiers in Cognitive Science.
Professor Richard Wiseman is ‘n sielkundige aan die Universiteit van Hertfordshire en het in ‘n wetenskaplike navorsingsprojek wat tien jaar geneem het om te voltooi, bevind dat mense, tot ‘n groot mate, verantwoordelik is vir hul eie goeie en slegte “geluk”. In sy boek The Luck Factor, skep mense volgens Professor Wiseman hul eie goeie geluk via vier basiese beginsels. “Eerstens ontwikkel hulle vaardighede om geleenthede te skep en raak te sien, goeie besluite te neem deur te luister na hul intuisie, positiewe verwagtinge te hê en ‘n veerkragtige houding aan te neem wat “slegte geluk” in “goeie geluk” omskep”
Gelukkige mense maak effektiewe besluite deur te luister na hul intuïsie en “gut feelings”. Daarbenewens neem hul stappe om hul intuitiewe vermoëns te bevorder deur, byvoorbeeld, te mediteer en hul gedagtes (“mind”) skoon te maak van ander gedagtes.
Let wel: Intuisie en “gut feelings” moet gebaseer wees op ‘n wye spektrum van kennis (baie daarvan in die onderbewussyn).
*skuilname
Bronne:
http://www.zmescience.com/medicine/alternative-medicine-medicine/scientific-aura-healers-05052012/
http://www.playbuzz.com/elaineb10/what-is-the-color-of-your-aura
bron: https://www.brainyquote.com/quotes/quotes/a/alberteins165188.html
http://www.medicaldaily.com/your-gut-feeling-way-more-just-feeling-science-intuition-325338
https://en.wikipedia.org/wiki/Intuition
https://www.psychologytoday.com/blog/radical-remission/201405/the-science-behind-intuition
http://www.huffingtonpost.co.za/entry/the-habits-of-highly-intu_n_4958778
https://www.theguardian.com/science/2014/apr/27/benefit-synaesthesia-brain-injury-mental-decline
http://www.bbc.com/news/u
http://www.youramazingbrain.org/brainchanges/synesthesia.htm
http://www.ucl.ac.uk