Die aand toe Max sy wolweklere aantrek, is hy vol streke en stoutigheid en hy word sonder aandete bed toe gestuur. Maar in sy kamer groei daar ‘n woud. Sy verbeelding neem hom na Wildekanisland, waar hy die wildste wilde ding van almal word. Hierdie subtiele meesterstuk sal kinders weer en weer teruglok om hulself te kom verwonder aan Maurice Sendak se toweragtige teks en prente. Geskik vir kinders drie jaar en ouer. R135.
Die boek word deur Human & Rousseau uitgegee. Besoek www.nb.co.za of bel 021 406 3033 vir meer inligting