Ansja Ferreira kyk in ons 1 Januarie 2016-uitgawe na die waarde van wenslysies Hier is nog raad
Sukkel jy dalk om by jou wenslysie uit te kom? Jy kan dalk deur jou gemaksone gevangene gehou word?
In die inspirerende 2010-rolprent The King’s Speech, wat ‘n Oscar as beste rolprent gewen het, word die ware verhaal vertel van die Duke of Windsor wat homself probeer voorberei het vir die rol as koning George VI. Hy het gehakkel en om voor mense en op lewendige radio- uitsendings te praat, het hom vreesbevange gemaak. Hy was ook baie onseker van homself en sommige mense het gemeen dat hy nie geskik was om koning te word nie. Met die hulp van sy spraakterapeut het hy homself getransformeer tot die groot koning George VI en het hy talle toesprake gedurende die Tweede Wêreldoorlog gemaak. Hy moes egter buite sy gemaksone beweeg en sy vrese oorwin en die moed bymekaarskraap om homself as ‘n koning te bemagtig.
Maklike maniere hoe jy uit jou gemaksone kan beweeg:
- Raak by ‘n liefdadigheidsorganisasie betrokke.
- Lees ‘n boek wat buite jou normale belangstellings en voorkeure val.
- Waag dit om vir ‘n kompetisie in te skryf.
- Reis na ‘n bestemming wat vir jou onbekend is. Jy hoef nie oorsee te reis nie – daar is baie interessante plekke in ons pragtige land om te ontdek.
- Raak by jou kerk of kultuurorganisasie se aktiwiteite betrokke.
- Neem ‘n musiek- of kunsklas. Doen dit waaroor jy lankal droom, maar nog altyd te bang of onseker was om te probeer. Jy is nooit te oud om iets nuuts te probeer nie, dit is een van die grootste mites wat bestaan.
- Gaan ry die wipwaentjie by die pretpark saam met jou kinders, selfs al het jy hoogtevrees.
Wyse woorde
Ons onthou nie dae nie, ons onthou oomblikke – Cesare Pavese, The Burning Brand
‘n Skip in ‘n hawe is veilig, maar dit is nie waarvoor ‘n skip gebou is nie – Onbekend
‘n Mens word die moegste wanneer jy heeltyd stilstaan – Chinese gesegde
‘n Mens kan kies om vorentoe te beweeg na veiligheid of vorentoe te beweeg na groei toe. Groei moet weer en weer gekies word en vrees moet weer en weer oorkom word – Abraham Maslow, Amerikaanse professor in sielkunde
Die lewe verloor sy betekenis wanneer ons in ‘n gemaksone vasgevang word – MK Soni, motiveringskrywer