1 Laai dit af
Tik http://gettag.mobi op jou foon se internetsoekbalkie in en klik “ok” om na die webblad te gaan. Klik op “download” om die program af te laai. Die program is klein en gratis, maar jy sal die datakoste moet betaal. Jy hoef dit ook net eenmalig af te laai. Die meeste selfone kan die program gebruik, behalwe as jy nie jou foon op die lys vind nie.
2 Neem dit af
Die volgende stap verskil afhangende van jou foon. Gaan na Applications, Games of Downloads op jou foon en maak die TagReader oop. Op sommige “slim” fone hoef jy net die ingeboude kamera bo die prentjiekode (tag) te hou, met ander moet jy ’n foto daarvan neem.
3 Geniet dit
Nadat jy die prentjiekode afgeneem het sal jou foon jou onmiddellik na die skakel neem. Sommige fone sal dadelik begin aflaai en met ander sal jy self die proses moet begin.