Lees meer hier
“Ek soek juis ‘n plekkie. Vir verskeie redes mik ek na die Oos- of Weskaap. Die grootste oorweging is of die plek ’n aanwins vir my seun sal wees die dag as hy dit moet erf.” Cecilia Knox.
“Ja, weg van die dolle gejaag. My kinders is amper uit die huis … ’n nuwe begin …” Terecia Van Driessel-Du Plessis.
“Ja, maar ek weet nie waarheen nie.” Malinda Miller
“Ek het in Sutherland grootgeword en was tot matriek daar in die skool. Daarna is ek Stellenbosch toe en het later in Malmesbury en Worcester gewerk. Sedert 1984 woon ons in die noordelike voorstede van Kaapstad. Ek bly lief vir die Karoo en platteland en besoek gereeld kleiner dorpies. Elke dorp het ’n unieke karakter en as jy reg ‘kyk’, sien jy net die mooi, die stilte, die vrede van die platteland raak. Daar is ook baie ‘hartseerdorpies’ – plekke met stukkende huise, min ondernemings en verlate en swak strate. Dit maak my hartseer en bekommerd. Terugtrek platteland toe? Nee, nie sommer nie. Ek sal graag nog dorpe wil besoek, nog baie foto’s wil neem, nog baie keer na die stilte wil luister, maar ek het tog die gerief van die Kaap gewoond geraak. Dokters, hospitale en winkels is alles hier. My kinders en kleinkinders is ook hier. Ek sal maar hier bly.