Ons kyk na waterprobleme. Hier is nog wenke om water te bespaar
Ons kyk na waterprobleme. Hier is nog wenke om water te bespaar
Prof Dina Burger, pro-visekanselier en navorsingshoof van die Monash Africa Centre gee die volgende raad:
• Moenie krane laat loop nie
• Maak lekplekke reg.
• Groot tuine voor groot ontwikkelings mors water met mikrobesproeiingskemas. Water wat in die pad afloop word nie optimaal benut nie.
• Draai die water toe terwyl jy tande borsel.
• Moenie te lank stort nie.
• Dis onnodig om in een huis baie badkamers en baddens te hê.
• Installeer watertenke om reënwater op te vang.
• Probeer minder water gebruik as jy motor was. Motorwasserye moet gereguleer word.
• Die publiek moet op diensverskaffers druk uitoefen om infrastruktuurprobleme op te los.
• Rapporteer dadelik stukkende waterpype of krane wat lek.