Trauma is iets wat ʼn persoon se lewe omver kan gooi. Die meeste mense moet vir terapie gaan om dit te verwerk. Dit is egter juis terapie wat soms die vlieg in die salf is en mense kan hertraumatiseer.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou ervaring van terapie jou trauma vererger:
- Dwing jou terapeut jou om oop te maak, al is jy nie gereed daarvoor nie?
- Is daar iets van die terapeut wat jou ongemaklik maak?
- Voel jy onveilig in terapie?
- Voel jy asof jou terapeut jou boelie?
- Voel jy asof jou terapeut jou manipuleer?
- Voel jy ongemaklik om oop te maak in terapie?
- Toon jou emosionele lewe en omstandighede buite terapie geen verbetering nie?
- Voel dit eerder vir jou asof terapie jou emosionele toestand en lewensomstandighede vererger?
- Sukkel jy om gemaklik met jou terapeut te gesels?
- Word jy oorweldig met angs en gevoelens van depressie na ʼn terapeutiese sessie?
- Voel dit asof terapie jou selfvertroue knou en jou selfbeeld skaad?
Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, moet jy weer dink oor jou terapie. Probeer ‘n ander terapeut. Daar is alternatiewe. Gryp dit aan!