Tot 80% van Nie-oordraagbare siektes (VDS’e) word gekoppel aan swak leefstylgewoontes insluitend ‘n gebrek aan fisieke aktiwiteit, ‘n ongesonde dieet, skadelike gebruik van alkohol en rook, kan voorkom word
Hoe? Deur onmiddellik beheer te neem van jou gesondheid en jouself toe te rus met die regte kennis, kan jy aktief bydra tot die verbetering van jou gesondheid deur die beoefening van selfsorg en verantwoordelike en toepaslike selfmedikasie.
- Evalueer jou huidige gesondheidstatus.
- Maak seker dat jy die korrekte (regte) behandeling vir enige chroniese gesondheidsprobleme kry.
- Fokus op sleutelfaktore soos om aktief te raak, jou dieet te ondersoek, stres te beheer, genoeg slaap te kry en jou “gedagtes” aktief te hou.
- Wees pro-aktief oor jou selfsorg – in kombinasie met ‘n gesonde lewenstyl, kan dit jou vêr bring en ‘n belangrike rol speel in die bekamping van minder ernstige siekte en langtermyn gesondheidskwessies.
- Indien jy ‘n roker is, hou op rook.
Vir meer inligting besoek www.selfcare247.co.za. Internasionale Selfsorgdag word ondersteun deur die SelfMedikasievervaardigingsvereniging van Suid-Afrika (SMASA), ‘n onafhanklike organisasie verbind tot die bevordering van verantwoordelike selfbestuur sorg en selfmedikasie om die Suid-Afrikaanse publiek. www.smasa.cc
Neem beheer oor jou gesondheid
24 Julie was Internasionale Selfsorgdag en elke jaar moedig die veldtog mense aan om beheer oor hul gesondheidsorg te neem met die doel om hul algehele gesondheid en welstand te verbeter. Met lewenstyl of nie-oordraagbare siektes (VDS’e) soos kanker, kardiovaskulêre siektes, diabetes en chroniese respiratoriese siektes wat aan die toeneem is, was daar nog nooit ‘n beter tyd om dit te doen nie.
Verantwoordelike selfsorg begin met die basiese stappe wat ons elke dag volg om gesond te bly en kleiner of langtermyntoestande (siektes) te hanteer, op grond van ons eie kennis, beskikbare inligting en professionele advies. Deur gesonde leefstyl keuses te maak, medikasie op ‘n verantwoordelike wyse te hanteer en om te weet wanneer dit nodig is om ‘n dokter of apteker te gaan spreek , is alles deel van die handhawing van goeie selfsorg. Nie-voorskrif of oor-die-toonbank (ODT) medisyne is gereedskap om selfsorg te ondersteun. Dit kan gekoop word sonder dat ‘n dokter dit voorskryf, en is veilig en doeltreffend om te gebruik indien dit aangedui word soos op die etiket aanbeveel word.
Addisionele Bron:
http://www.cbsnews.com/news/more-kids-poisoned-as-medication-prescribing-rates-increase/