Dié huiseienaars het geleer dat ‘n mens met min geld, baie verbeelding en inspirasie mooi goed kan skep. Gaan loer in ons 9 Mei-uitgawe na hul mooi huis. Hier gee een van die inwoners, Alfred Tancock, raad
MARYKE ROBERTS
Alfred Tancock van Durbanville se huis het neutrale kleure as basis. Die ligte, effekleurige teëls, donker hout en soliede banke en stoele vorm die ideale palet wat vra om ingekleur te word.
Dit maak dit baie makliker as hy ’n vars voorkoms aan die huis wil gee omdat spatsels kleur op strooikussings, kerse en ’n interessante bak op sy koffietafel of die lang houteetkamertafel goedkoop is om te vervang. Alfred se raad vir ’n nuwe voorkoms is om jou dekor met die seisoene te wissel. Donker, luukse kleure en teksture soos fluweel of wol gee jou huis onmiddellike warmte in die winter, terwyl ligter kleure en teksture soos linne of katoen vir die somer jou dadelik koeler laat voel. Alfred het ook oral in die huis potplante, sommige daarvan onder glaskoepels, om die huis ’n verlengstuk van die tuin te maak.
SOURCES
JAC KRITZINGER