Fred de Vries, skrywer van Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-1994 (Tafelberg), is pas benoem vir’n tweede Nederlandse prys.
Fred de Vries, skrywer van Rigtingbedonnerd: Op die spoor van die Afrikaner Post-1994 (Tafelberg), is pas benoem vir ’n tweede Nederlandse prys. De Vries is een van ses op die kortlys vir die VPRO Bob den Uyl Prijs vir die beste Nederlandstalige joernalistieke reisboek. Die benoeming is vir Afrikaners. Een volk op drift, die oorspronklike Nederlandse uitgawe van Rigtingbedonnerd. Die wenner word op Sondag, 12 Mei 2013, bekendgemaak.
MEER OOR RIGTINGBEDONNERD
MEER OOR FRED DE VRIES
Fred de Vries is ’n gerekende Nederlandse joernalis en skrywer wat al vir langer as tien jaar in Suid-Afrika woon. Sedert hy die land in die vroeë 1990’s vir die eerste keer besoek het, was De Vries gefassineer deur Afrikaners en die wyse waarop hulle die politieke veranderinge hanteer.