Ontdek van die tergendste geheime waaroor mense al dekades lank kopkrap! Die mensdom het ’n fassinasie met monsters, van die eeue oue legendes oor dapper ridders wat vuurspuwende drake verslaan, tot hedendaagse rillerflieks oor weerwolwe en vampiere.
En selfs al het die moderne wetenskap oor die jare logiese verklarings vir baie van hierdie mites en legendes gevind, bly sommige verskynsels steeds ’n raaisel …
In sy boek Onverklaarbaar beweer Jaco Jacobs glad dat daar regtig iets soos weerwolwe of zombies of ander vreemde verskynsels is nie, maar dit is nogtans interessant om uit te vind waar die bangmaakstories, soos van mense wat snags in wolwe verander, vandaan kom, of hoe die zombies wat ons deesdae in flieks sien, oor die jare verander het.
Maak jou dus gereed om van aangesig tot aangesig te kom met die mites en monsters wat mense al eeue lank laat kopkrap en hulle die skrik op die lyf jaag …
Die boek, met volkleurillustrasies deur Chris Venter, word deur LAPA uitgegee en kos R120. Bel 012 401 0700 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting