Daniel kuier by Ouma en Oupa. Toe dit aand word en tyd om te gaan slaap, lees Oupa eers vir Daniel ’n storie. Toe sing Ouma vir hom ’n liedjie. Maar die bed is vreemd, en Daniel voel ontuis . . .
Daniel kuier by sy ouma en oupa. Die aand begin heel vrolik – Oupa lees vir Daniel ’n storie en Ouma sing ’n liedjie.
Maar toe Oupa en Ouma vir Daniel alleen in die bed los en die ligte afsit, begin Daniel na sy eie kamer verlang. Die bed in Ouma en Oupa se huis voel nie so gemaklik soos syne nie en die kamer lyk donkerder. En dan begin ’n rits vreemde dinge gebeur. Eers hoor Daniel iets wat klink soos ’n hele trop dansende olinosters op die dak. En dan gewaar hy iets wat deur ’n gleufie in die kas vir hom loer.
Olinosters op die dak is ’n heruitgawe van een van Marita van der Vyver se heel eerste werke. Dis oorspronklik in die negentigerjare met die illustrasies van Piet Grobler uitgegee. Vir dié uitgawe het Marita saam met die baie talentvolle Dale Blankenaar saamgespan. Dale is ’n voormalige student van Piet Grobler en met sy unieke illustrasies het hy sy onmiskenbare stempel op die boek afgedruk.
Wen Vyf lesers kan Olinosters op die dak wen. Klik hier om in te skryf.