Luisteraars gaan behoorlik naels byt wanneer die bekroonde dramaturg Charles J. Fourie se Purgatorio op Dinsdag 19 Maart om 14:45 op RSG afskop.
Luisteraars gaan behoorlik naels byt wanneer die bekroonde dramaturg Charles J. Fourie se Purgatorio op Dinsdag 19 Maart om 14:45 op RSG afskop. Dié vervolgverhaal is ‘n opvolg van Inferno, waarin ‘n groep uiteenlopende speurders op die spoor was van ‘n ontwykende reeksmoordenaar. Met die nuwe verhaal keer talle van die vorige karakters soos die afgetrede baasspeurder Frans Malan, vertolk deur Leon Kruger, terug.
Van die ander spelers sluit in Tinarie Van Wyk Loots, Zenobia Kloppers, Brendon Daniels, Dorette Potgieter, Shirley Ellis, Petrus du Preez en Johan Botha.
Frans Malan moet in Purgatorio saam met die jong en aantreklike polisiekaptein Marijke Louw ‘n moetie-moordenaar probeer vang. Om sake verder te kompliseer, word Malan by ‘n verregse groep betrek wat beplan om die regering omver te werp deur middel van ‘n reeks terreuraanvalle. Verwag ‘n hele paar verrassings in hierdie reeks deur die skrywer van ondermeer die verhoogstuk Agterplaas, wat verlede jaar vir ses Fiësta-pryse benoem is.
Fourie is die skrywer van meer as 50 toneelstukke, waarvan ook werke in Londen en Los Angeles op die planke was.
Eben Cruywagen is die regisseur van Purgatorio wat weekdae om 14:45 op RSG gehoor kan word. Van Dinsdag 19 Maart – nét op RSG!