Meredith Derman, woordvoerder van Stephen Wels and Co, gee die volgende algemene wenke as dit by die aanskaf van antieke ware kom:
Meredith Derman
1 Beskou die artikel van alle kante af. Gebruik selfs ‘n vergrootglas om dit te besigtig. Moenie bang wees om ‘n artikel in ‘n winkel of by ‘n veiling op te tel en te hanteer nie.
2 Vra altyd na skade. As jy nie vra nie, hoef hulle jou nie te sê nie.
3 Vra altyd ‘n kwitansie selfs al betaal jy kontant. Die kwitansie moet die ouderdom, materiaal, skade, restourasie en waarde aandui.
4 Koop waarvan jy hou, maar moenie by veilings so ingetrek raak deur die opwinding dat jy hoër bie as wat jy kan bekostig nie.