Inè Reynierse het Low carb is LEKKER geskryf om die voordele van ’n lae-koolhidraat-lewenstyl haalbaar en bekostigbaar te maak.
Inè het Suid-Afrikaanse trooskos en familiegunstelinge in lae-koolhidraat-weergawes omskep. Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (dink aan bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert), geskryf deur ’n ma vir ander ma’s.
Wat is in die boek?
• 178 maklik-om-te-volg-resepte, insluitende variasies.
• Van baba- en peuterkos, tot sop, peuselkos, drinkgoed, nageregte, gebakte bederfies en
vele meer.
• Sluit heelwat geen-koolhidrate-weergawes van Suid-Afrikaanse gunstelingresepte in.
• Idees wat by jou begroting pas.
Inè Reynierse is ’n kinderboekskrywer, uitvoerende kunstenaar, stemakteur, kopieskrywer,
iemand wat met idees rondspeel en ’n nuutgevonde kosfoendii wat daarvan hou om idees op ’n vars manier uit te beeld. Haar projekte wissel van radiostories vir kinders op ’n nasionale radionetwerk tot korporatiewe advertensieveldtogte en nog meer. Haar passie om gesondheid en welstand te herstel, het haar aangespoor om Low Carb is LEKKER te skryf.