‘n Snaakse storie van ‘n baie ongewone koninklike kompetisie. ‘n Prettige prenteboek vir elkeen wat daarvan hou om te lag. (Protea)
Guido von Genechten
Dié Nederlandse oorvertaalde storie vertel van Koning Kuttel wat ‘n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan ‘n optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?
Bel 012 343 6279 vir meer inligting.