Willie Burger kyk na twee realistiese misdaadromans en ’n anderste boek oor rolprentresensies
ABEL SE LOT deur Chris Karsten, Human & Rousseau
DIE MIDASMOORDE deur Pieter van Aspe, Lapa
Lesers wat gereeld na TV-reekse kyk waarin werklike polisieondersoeke in gedramatiseerde dokumentêre styl weergegee word, kan nie met onrealistiese forensiese ondersoeke of té maklike verduidelikings of prosedures geflous word nie. Daarom is dit vir skrywers van misdaadromans noodsaaklik om in ons tyd met realiteits-TV te kan meeding. Hulle moet hul navorsing doen en sorg dat lesers deurentyd dieselfde gevoel van dokumentêre “waarheid” het wanneer hulle fiksie lees as wanneer hulle werklikheidsreekse kyk.
Om daardie gevoel te skep dat wat hier gebeur “regtig” is, gebruik hierdie twee misdaadskrywers minstens drie tegnieke. Aandag word aan fyn besonderhede geskenk, soos handskrifontleding of forensiese ondersoeke van papier. Benewens dié fyn besonderhede, word ook die ruimte oortuigend beskryf. Die strate van Johannesburg, Sarajewo en Brugge word in hierdie twee misdaadromans vir die leser herkenbaar. Derdens bied die boeiende inligting oor historiese gegewens, soos verwysings na ’n kunswerk van Michelangelo, die digter Guido Gezelle of die Bosniese oorlog van die vroeë jare negentig wat in hierdie romans voorkom, die leser die gevoel dat jy met ’n oortuigende misdaadwêreld te doen het.
Abel se lot is Chris Karsten se tweede roman oor die reeksmoordenaar Abel Lotz. Die ontstellende slot van Abel se ontwaking (2010) het vir ’n opvolg gevra. Ella Neser is in hierdie roman weer op Abel se spoor.
Wat die twee Abel-romans so boeiend maak, is dat ’n mens nie soos in talle ander misdaadromans slegs die perspektief van die speurders het nie, maar juis ook toegang tot die gedagtes en ervarings van die moordenaar kry. Dit is ontstellend vir die leser en laat jou byna medepligtig voel.
Vinnige wendings en eksotiese ruimtes – van Bosnië-Herzegowina tot Burundi – sleur die leser mee. Ella se trauma en spanning lei tot haar onvermoë om ander mense naby haar toe te laat en ’n groot deel van die roman gaan oor haar pogings om met “die ding in [haar] kop, die emosies wat mekaar beveg” tot ’n vergelyk te kom.
Aan die einde is Abel op pad landuit na Brugge om van Ella af weg te kom.
As jy dus hierna Pieter Aspe se Die Midasmoorde (2011) optel, bevind jy jou skielik in Brugge – ’n Brugge wat deur misdade geteister word.
Aspe is die Nederlandse Deon Meyer (daar het volgens die flapteks al meer as 1,5 miljoen van die Pieter van In-reeks misdaadromans verkoop) en die roman is voortreflik deur die gesoute vertaler Daniël Hugo in Afrikaans vertaal.

NOT THE MOVIE OF THE WEEK – FRIGHTENING FLOPS AND FABULOUS FLICKS
deur Shaun de Waal, Tafelberg
’n Mens lees dikwels rolprentresensies om jou te help besluit watter fliek om die naweek te gaan kyk. Meestal is dit ook nie die moeite werd om ná die naweek ooit weer na die resensies te kyk nie. ’n Week later is die koerant met die resensies al gebruik om die Sondagbraaivleisvuur aan die gang te kry of die vensters te was of dit het in ’n oranje sak op die sypaadjie beland as deel van jou pogings om groener te lewe. Dit mag sommige mense laat wonder waarom ’n bundel rolprentresensies in boekvorm uitgegee word.
Shaun de Waal, die rolprentresensent van die Mail & Guardian, se resensies is egter nie sommer net nóg ’n paar indrukke oor flieke nie. In die eerste plek is die boekie met sy meer as 50 resensies van uiteenlopende rolprente ’n soort naslaanwerk met ’n nuttige indeks agterin waarin die name van akteurs, regisseurs en fliektitels nagegaan kan word. Selfs dit is ook nie genoeg rede om ’n bundel resensies te koop nie – jy kan dié inligting immers vinnig Google. Die boek is veel meer. Wanneer ’n mens die resensies, wat oor jare heen verskyn het, sáám lees, spesifiek op die manier waarop hulle hier saamgegroepeer is, bied dit ’n boeiende insig in die rolprentbedryf en gee dit ’n indruk van tendense – van Hollywood tot ons eie Suid-Afrikaanse rolprente.
Wat hierdie resensies so ’n groot plesier maak, is die skryfwerk van De Waal. Of jy met De Waal saamstem of nie en of jy van sy oordeel hou of nie, sy taalgebruik en sy uitdagende styl vermaak deurentyd.