Hoewel uitbarstings deur kinders baie normaal is, moet jy tog sekere stappe neem om dit te bestuur.
Hoewel uitbarstings deur kinders baie normaal is, moet jy tog sekere stappe neem om dit te bestuur. Kleuters ondervind dikwels probleme met die hantering van emosies soos woede, teleurstelling en frustrasie. Die gevolg is dat hul gevoelens tot uitdrukking kom in ’n uitbarsting, beter bekend as ’n vloermoer.
Hoe om dit te voorkom
- Moedig positiewe gedrag aan deur jou kind te komplimenteer as hy hom goed gedra.
- Druk jou liefde gereeld fisiek met drukkies en soentjies uit.
- Leer jou kinders om hul emosies verbaal uit te druk, soos “Ek voel kwaad” of “Dit maak my hartseer”.
- Probeer om jou kind se gevoelens te verstaan en stel woorde voor waarmee hy dit kan beskryf.
- Moenie van jou reëls afwyk nie. Gee eenvoudige redes vir elkeen en hou daarby.
- Hou sy daaglikse roetine so konstant as moontlik sodat jou kind weet wat om te verwag. Dit is veral belangrik wat etes en slaaptyd betref.
- Praat oor die dinge wat vir die dag beplan word.
- Vermy dinge wat hom mag frustreer, soos speelgoed wat hy nog nie kan verstaan nie.
- Vermy lang uitstappies waartydens jou kind moet stilsit. As jy nie anders kan nie, neem sy gunstelingboek en -speelding saam.
- Maak seker jou kind kry genoeg slaap, veral voor ’n lang dag of stresvolle aktiwiteit.
- Laat oorgangstyd toe deur jou kind vroegtydig te waarsku as dit amper tyd is om huis toe te gaan of op te hou speel.
- Oorweeg elke versoek volgens meriete en gee toe as dit nie on redelik is nie. Die vloermoer Wenke hoe om jou kind se uitbarstings en drifbuie te hanteer
- Laat jou kind soveel as moontlik toe om keuses te maak, byvoorbeeld oor wat hy wil aantrek.
- Verstaan jou kind se temperament. As hy maklik oorweldig word, probeer om sulke situasies te vermy. En as dit gebeur … Jy kan nie altyd ’n uitbarsting vermy nie, maar daar is dinge wat jy kan doen om die situasie te verbeter:
- Probeer om kalm te bly. Deur in beheer van jou emosies te bly, stel jy ’n positiewe voorbeeld vir jou kind.
- Ignoreer die uitbarsting. Gaan aan met dit waarmee jy besig was en verduidelik ná die uitbarsting aan jou kind dat jy bereid is om te onderhandel, maar slegs as hy kalm en beleefd met jou gesels.
- Maak seker jou kind is veilig en dat hy homself nie tydens die uitbarsting sal beseer nie.
- As jou kind moontlik homself of iemand anders kan beseer of iets kan beskadig, neem hom na ’n stil plek waar hy kan afkoel.
- Probeer sy aandag met iets anders aflei.
- Gebruik jou sin vir humor om sy aandag af te lei – dit sal jou ook help om kalm te bly.
- Verminder die kere wat jy “nee” moet sê. Bêre waardevolle artikels en dinge wat hy nie mag hanteer nie.
- Hou jou kind vas. Om buite beheer te wees, jaag die meeste kinders die skrik op die lyf.
- Verseker hom dat jy hom steeds liefhet al keur jy nie sy gedrag goed nie.
- Probeer verstaan wat aan die gang is. Elke uitbarsting moet hanteer word op grond van wat dit veroorsaak het.
- Wees ferm maar regverdig. Wat om nie te doen nie
- Moenie met jou kind argumenteer of iets aan hom probeer tuisbring terwyl hy besig is met die uitbarsting nie – hy is dan buite homself en sal niks inneem nie.
- Moenie terugskree nie. Die woede in jou stem sal alles net ver er ger.
- Moenie jou kind ná ’n uitbarsting beloon of straf nie. Hy moet weet ’n uitbarsting sal niks aan sy omstandighede verander nie.
- Moenie jou kind met handskoene hanteer omdat jy bang is hy stel jou in die verleentheid nie. Hy sal dit gou agterkom en uitbarstings gebruik om sy sin te kry.
- Moenie jou kind dreig dat jy hom sekere dinge gaan ontneem as hy hom nie gedra nie.
- Moenie kwaad bly nie. Maak seker jou kind weet sy gedrag is verkeerd, maar moedig positiewe gedrag aan deur self positief op te tree. Hou die volgende in gedagte Oor uitbarstings in die openbaar moet jy die volgende in gedagte hou:
- As jou kind moeg of honger is, is dit nie die tyd om te gaan inkopies doen of kuier nie.
- ’n Speelding of boek wat hom in die trollie kan vermaak, sal die kanse verminder dat hy verveeld en geïrriteerd sal word.
- As jy toegee omdat jy verleë is, skep dit ’n presedent.
- Jou kind verstaan nie jou verleentheid nie; tree daarom dieselfde op as wanneer die uitbarsting by die huis sou plaasvind.