‘n Studie sê die skaal gaan jou nie goedgesind wees soos wat ons die einde van die jaar nader nie
Geluk! As jy soos die mense is wat aan ‘n opname deur ‘n professor aan die Universiteit van Cornell deelgeneem het, is jou gewig vandeesweek (en volgende week) die laagste wat dit in 2016 gaan wees.
Hoekom? Jou skaal se wysertjies gaan begin klim soos die vakansie naderkom en as ons Kersfees vier. Volgens die resultate wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, bereik mense se gewig ná Nuwejaarsdag’n hoogtepunt.
En daardie ekstra vakansiegewig bly sit! Volgens prof Brian Wansink vat dit ongeveer vyf maande om die gewig weer af te skud. Hulle het volwassenes se data in drie lande, Japan, Amerika en Duitsland, geanaliseer.
Hoewel verskillende patrone in die onderskeie lande gevind is, is daar ‘n gemene deler. Almal se gewig begin klim soos wat ons na Desember op pad is.
BRON: www.nytimes.com