Nie seker of jy ‘n introvert of ekstrovert is nie? Dalk kan die vraelys hier onder jou help om uit te vind.
Introverte is geneig om meer dikwels “Ja” as “Nee” te antwoord. Onthou dat niemand 100% introvert of 100% ekstrovert is nie en die vraelys is informeel eerder as wetenskaplik.
1. Ek sal liewer tyd saam met een of twee vriende deurbring as met ‘n groep vriende.
2. Ek hou daarvan om alleen te wees.
3. Ek verkies “diep” geselskap pleks van kletspraatjies.
4. My vriende sê ek is ‘n goeie luisteraar.
5. Ek vermy konflik.
6. Ek werk op my beste wanneer ek iets alleen doen.
7. Ek voel moeg nadat ek saam met my vriende gekuier het, al het ek die kuiertjie geniet.
8. Ek sal liewer my verjaardag met ‘n paar vriende en familielede deurbring as om ‘n groot partytjie te hou.
9. Ek hou nie van risiko’s nie.
10. Ek kan ure lank iets kreatiefs doen sonder om verveeld te raak.
11. Ek dink gewoonlik goed voor ek iets sê.
12. Ek sal liewer vir iemand wat ek nie ken nie, ‘n sms of e-pos stuur as om te bel.
13. Ek voel nie gemaklik daarmee wanneer almal se aandag op my gerig is nie.
14. Ek verkies om vrae te vra pleks daarvan om iets gevra te word.
15. Mense sê dikwels ek is skaam of ek praat te sag.
16. As ek ‘n keuse het, sal ek liewer ‘n naweek lank niks doen nie as om ‘n vol program te hê.
Quiet Power: Growing up as an introvert in a world that can’stop talking (verkort) deur Susan Cain; versprei deur Penguin Random House