Beantwoord die vraelys om uit te vind of jou kind ‘n boelie is
Sit jy hande in die hare, omdat jou kind van boelie-gedrag beskuldig word? Weet jy nie hoe om dit te hanteer nie en is jy raadop? Lees gerus in dié week se uitgawe van Vrouekeur meer ook kinders wat boelies is. Beantwoord die onderstaande vraelys om vas te stel of jou kind dalk aan boeliegedrag skuldig is:
1) Word jou kind by die huis aan aggressie blootgestel?
2) Dra jou kind onverwekte trauma en verliese in hom of haar rond?
3) Sukkel jou kind om verantwoordelikheid vir sy of haar gedrag te aanvaar?
4) Spot jou kind ander kinders?
5) Is jou kind humeurig?
6) Raak jou kind fisiek aggressief met maatjies of met boeties en sussies?
7) Sukkel jou kind om sy of haar gevoelens in woorde uit te druk?
8) Is daar klagtes van die onderwysers se kant af?
9) Is daar ‘n gebrek aan dissipline by die huis?
10) Is daar magsmisbruik by die huis?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jou kind dalk aan boeliegedrag skuldig. Voer ‘n openlike gesprek met hom of haar en vind uit wat daaragter steek. As jou kind skuldig is, kan terapie van waarde wees.