Meeste van ons is skuldig aan mite #2
Die kenners van FINO Cosmetics vertel ons meer oor die feite agter haarverwydering en hoe om die proses gladder te laat verloop.
Haarmite #1: Jou hare groei dikker terug na skeer
Die Waarheid: Hare wat nog nooit geskeer is nie, of lank terug, het ? meer gespitste en nouer punt en lê plat teen jou vel. Dit voel dus sagter en dunner as geskeerde hare wat met ? stomp punt teruggroei en meer regop staan. Dit voel dalk dikker, maar dit is nie!
Haarmite #2: Smeer lyfroom- of olie aan na waks om vel te streel
Die Waarheid: Sekere lyfrome- en olies bevat bestanddele wat porieë kan verstop na haarverwydering en dit kan irritasie, rooiheid en ingroeihare veroorsaak. Probeer eerder FINO Soothe produkte wat spesifiek geskep is om vel te behandel na haarverwydering.
Haarmite #3: Hou jou skeermes in die stort
Die Waarheid: Jou skeermeslem mag vinniger roes en ook meer bakterie opbou as dit heeltyd met water en stoom in aanraking kom. Bêre dit eerder op ? rakkie waar dit nie nat kan word nie.
Haarmite #4: ‘Droogskeer’ is heeltemal aanvaarbaar
Die Waarheid: Droogskeer irriteer nie net vel nie, maar jy kan jouself baie makliker raakskeer. Gebruik eerder ? skeerroom- of jel.
Haarmite #5: Gebruik meer druk vir ? nader skeer
Die Waarheid: Skeermesse is só ontwerp om met ligte druk deeglik te kan werk. Vermy raakskeer en werk saggies. Gebruik eerder goeie gehalte skeermeslemme en vervang hulle gereeld.
Haarmite #6: Druk en vryf is die enigste manier om van ingroeihare ontslae te raak
Die Waarheid: Jy mag infeksie só veroorsaak. Skilfer die area eerder daagliks liggies af sodat die haar natuurlik uitgroei. Vermy ingroeihare deur FINO Soothe direk na haarverwydering aan te smeer, en elke dag daarna. Die kombinasie vitamien A en vrugte-ensieme is natuurlike afskilferaars en reinigers wat jou porieë gesond hou.
FINO Soothe WOMAN en FINO Soothe MAN, R69,99 elk, is beskikbaar by Dis-Chem en uitgesoekte apteke. Besoek hulle Facebook-blad www.facebook.com/finosoothe of finocosmetics.com/ vir meer inligting