Maklik, vinnig en lekker!
18 muffins
125 ml (½ k) koekmeel
250 ml (1 k) volkoringmeel
250 ml (1 k) semels
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
knypie fyn kaneel
125 ml (½ k) pekanneute, gekap
2 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) ligte bruinsuiker
75 ml (5 e) olie
125 ml (½ k) karringmelk
2 groot piesangs, fyngedruk
Stel oond op 180 °C.
1 Meng koekmeel, volkoringmeel, semels, koeksoda, sout, kaneel en neute.
2 Klits eiers en suiker met elektriese klitser tot donserig, ongeveer vier minute.
3 Meng olie, karringmelk en piesangs by eiermengsel.
4 Roer laastens meelmengsel by eiermengsel.
5 Voer muffinpanne met muffinpapiertjies uit. Verdeel beslag tussen muffinpapiertjies.
6 Bak vir 18 minute of tot gaar in middel.
7 Laat afkoel en berg in lugdigte houer.